ARBEIDSMAKELAAR (‘LABOUR BROKER’) OF ONAFHANKLIKE KONTRAKTEUR

KEN DIE VERSKIL EN VERMY SODOENDE DIE SLAGGATE

‘n Arbeidsmakelaar (‘Labour Broker’) is enige persoon of besigheid wat teen vergoeding, werkers werf of voorsien aan ‘n kliënt, en waar daardie persoon of besigheid deur die kliënt vergoed word, en waar daardie persoon of besigheid die betrokke werkers betaal.

Die werkers is onder die direkte beheer van die kliënt en nie die Arbeidsmakelaar nie. Die Arbeidsmakelaar voorsien nie toerusting, gereedskap en veiligheidstoerusting aan die betrokke werkers nie, dit is die verantwoordelikheid van die kliënt.

‘n Onafhanklike Kontrakteur is enige persoon of besigheid wat gekontrakteur word deur ‘n klient om ‘n spesifieke taak te verrig, en waar die kontrakteur slegs verantwoordelik is vir die lewering van ‘n produk of die eindresultaat van ‘n diens, en waar die kontrakteur vir sodanige eindresultaat betaal word. 

Die kontrakteur word nie vergoed vir die hoeveelheid werkers wat hy gebruik om die eindresultaat te bereik nie, maar wel vir die eindresultaat soos kontraktueel met die kliënt ooreengekom is. 

Die kontrakteur se werknemers is onder die direkte beheer en toesig van die kontrakteur en nie die klient nie, en word deur die kontrakteur vergoed en voorsien van nodige gereedskap en veiligheidstoerusting. Die kontrakteur gebruik sy eie toerusting en gereedskap om die kontraktuele taak te voltooi. 

Die grootste verskil tussen ‘n Arbeidsmakelaar en Onafhanklike Kontrakteur is die aard van diens wat aangebied word en die vorm van fakturering.

Wat is die implikasies hiervan vir die Kliënt?

Indien die Produsent / Kliënt gebruik sou maak van ‘n Arbeidsmakelaar, is daar verskeie implikasies;

  1. Waar die kliënt nie ‘n Vrystellings-sertifikaat t.o.v. inkomste belasting m.b.t. die betrokke Arbeidsmakelaar kan lewer nie, kan SARS die produsent / kliënt verantwoordelik hou vir 30% van die inkomste wat die Arbeidsmakelaar by die bepaalde klient verdien het. 
  1. Eise / dispute ingevolge die op Arbeidsverhoudinge en Sektorale vastelling bepaal dat die Arbeidsmakelaar en dié se kliënt gesamentlik en afsonderlik verantwoordelik is vir enige eise / dispute. 

Sien onderstaande tabel vir opsomming van verskille tussen Arbeidsmakelaar en Onafhanklike Kontrakteur.


ARBEIDSMAKELAAR / (‘LABOUR BROKER’)ONAFHANKLIKE KONTRAKTEUR
Aard van Dienste gelewer
Arbeidsmakelaar word gekontrakteur oor ‘n vasgestelde tydperk om personeel aan ‘n Kliënt te lewer.
Onafhanklike kontrakteur word deur Kliënt gekontrakteur om ‘n spesifieke vooraf ooreengekome uitkoms aan die Kliënt te lewer.
Produk wat gelewer wordPersoneel, hetsy ongeskoolde arbeid of hoogs gespesialiseerde arbeid.
Spesifieke uitkoms georienteerde produk, bv. Snoei van bome, Afhaal van oes, voorbereiding van grond, ens.
Aard van FaktureringDie Kliënt vergoed Arbeidsmakelaar gebasseer op die hoeveelheid werkers gehuur. Bv. 10 Alg. Werkers @ R100 per persoon/dag .
Geen melding word gemaak van dienste wat deur werker verrig is nie, slegs postitel / posvlak, tarief en ure gewerk.
Kliënt vergoed kontrakteur vir produk of uitkoms-georiënteerde diens. Bv.: Snoei van 100 vrugte bome @ R10 p/boom.
Geen melding word gemaak van hoeveelheid werkers / ure gebruik is om produk te lewer nie, slegs beskrywing van uitkoms / produk, hoeveelheid eenhede en tarief per eenheid.
Primêre WerkgewerArbeidsmakelaar is die primere werkgewer, die Arbeidsmakelaar verhuur sy personeel aan die Kliënt.
Kontrakteur is primêre werkgewer en gebruik sy eie personeel om produk / uitkoms aan Kliënt te lewer.
VergoedingArbeidsmakelaar vergoed  die werker ooreenstemmend met hoeveelheid ure gewerk vir die Kliënt. 
Kontrakteur vergoed  die werker ooreenstemmend met hoeveelheid ure gewerk vir die kontrakteur. 
Statutere Voordele (verlof, siekverlof, WVF, pensioen ens)
Arbeidsmakelaar is  verantwoordelik om statutêre voordele na te kom.
Kontrakteur is  verantwoordelik om statutêre voordele na te kom, by die toestaan van verlof hoef die Kliënt nie geraadpleeg te word nie.
Reg tot organisering (lidmaatskap tot vakbond, organiseringsregte, onderhandelings)
Arbeidsmakelaar  is primëre werkgewer en loononderhandelinge geskied deur Arbeidsmakelaar, toegang tot werksperseel word in oorleg met Kliënt toegestaan.
Kontrakteur  is primëre werkgewer en loononderhandelinge geskied deur kontrakteur, toegang tot werksperseel word in oorleg met kontrakteur gereel by kontrakteur se adres.

Dissipline & Griewe
Werker is onderworpe aan beide die Kliënt en Arbeidsmakelaar se dissiplinêre kode, maar word deur Arbeidsmakelaar gedissiplineer.
Werker is onderworpe aan kontrakteur se dissiplinëre kode en word deur kontrakteur gedissiplineer.
Organisatoriese struktuurWerker onderhewig en rapporteer aan Kliënt se gesag struktuur en vorm deel van Kliënt se organogram, maar word deur die Arbeidsmakelaar gedissiplineer.

Werker onderhewig en rapporteer aan kontrakteur se gesag struktuur en vorm deel van kontrakteur se organogram.

Voorsiening van  toerusting en  gereedskapToerusting of gereedskap of veiligheidstoerusting word voorsien deur die Kliënt.Kontrakteur is verantwoordelik vir die voorsiening van alle gereedskap, veiligheids toerusting en ongevalle eise.

© Andre Bloem